Lisensie-ooreenkoms met Garmin Mobile-eindgebruiker

BELANGRIK  LEES HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN HIERDIE LISENSIE-OOREENKOMS MET DIE EINDGEBRUIKER (OOREENKOMS) NOUKEURIG VOOR INSTALLERING EN GEBRUIK VAN OF ANDERSINS INTEKENING OP ENIGE GARMIN MOBILE-HARDEWARE, -SAGTEWARE, -TEGNOLOGIE EN/OF -DATAPLANNE, HETSY DEUR 'N ALLEENSTAANDE GARMIN MOBILE-HARDEWAREPRODUK (GASHEERPRODUK) OF DEUR 'N DRAAGBARE TELEFOON OF AANLYNWEERGAWE VAN 'N GARMIN MOBILE-TOEPASSING (HIERNA GESAMENTLIK DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE). DEUR INTEKENING OP, AFLAAI VAN, INSTALLERING, GEBRUIK OF ANDERSINS TOEGANGVERKRYGING TOT DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE, ERKEN U DAT U HIERDIE OOREENKOMS GELEES HET, DAT U DIT BEGRYP, DAT U INSTEM OM U TE HOU BY DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES DAARVAN EN DAT U TEN MINSTE 18 JAAR OUD IS. AS U NIE INSTEM TOT DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN HIERDIE OOREENKOMS NIE, MOET U ONMIDDELLIK HIERDIE BLAD VERLAAT SONDER OM GARMIN MOBILE AF TE LAAI EN/OF DAAROP IN TE TEKEN, OF INDIEN DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE SAAMGEBUNDEL IS MET 'N ALLEENSTAANDE GARMIN-GASHEERPRODUK, MOET U DIE VOLLEDIGE GASHEERPRODUK BINNE 10 DAE VANAF DIE DATUM DAT U DIT VERKRY HET MET DIE OOG OP 'N VOLLE TERUGBETALING AAN EEN VAN DIE VOLGENDE STUUR: (1) DIE HANDELAAR BY WIE U DIE GASHEERPRODUK GEKOOP HET, (2) GARMIN INTERNATIONAL, INC. CUSTOMER SERVICE, 1200 E. 151ST STREET, OLATHE, KS 66062, USA; (3) GARMIN (EUROPE) LTD. CUSTOMER SERVICE, Liberty House, Hounsdown Business Park, Southampton, Hampshire, SO40 9RB UNITED KINGDOM OF (4) GARMIN CORPORATION CUSTOMER SERVICE, NO. 68, JANGSHU 2ND ROAD, SHIJR, TAIPEI COUNTY, TAIWAN.

Verlening van Lisensie: Onderworpe aan die bepalings en voorwaardes soos hierin gestel, verleen Garmin International, Inc. en/of die geaffilieerde maatskappye (gesamentlik Garmin) aan u 'n nie-oordraagbare, nie-ekslusiewe en nie-sublisensieerbare beperkte reg en lisensie om die Garmin Mobile-tegnologie te bekyk, te gebruik en toegang daartoe te verkry vir die onttrekking van (i) kaarte, rigtings en draai-vir-draai-navigasiedata, teks, afbeeldings, grafika, oudio- en ander afbeeldings, en vir die ontvangs van (ii) ander derdeparty-inhoudstata, teks, afbeeldings, grafika, foto's, oudio-, video- en ander afbeeldings vanaf nie-Garmin-dataverskaffers, ingeslote data soos brandstofprys-, weer-, hotel- en/of verkeersdata (hierna derdeparty-inhoudsdata) om te vertoon op u draagbare telefoon of ander Garmin Mobile-ontsperde toestel, slegs vir u inligtingsdoeleindes en vir u onmiddellike, private, individuele en nie-handelsgebruik, op voorwaarde dat u alle kopiereg- en eiendomskennisgewings behou wat in die navigasiedata en/of derdeparty-inhoudsdata wat f op Garmin, f op enige derdepartyverskaffer van toepassing is. Alle regte wat nie uitdruklik hierin gestel word nie, word deur Garmin voorbehou en Garmin vrywaar sigself van enige en alle gempliseerde lisensies. Sonder om voorgaande te beperk, stem u daartoe in om nie die volgende te doen nie: (i) terugingenieuring, dekompileer, terugkompileer, skep kompilasies of afgeleide werk, vertaal, aanpas of uitmekaarhaal van die Garmin Mobile-tegnologie of enige deel daarvan, insluitend die derdeparty-inhoudsdata; (ii) kopieer of reproduseer van die Garmin Mobile-tegnologie of enige deel daarvan, insluitend die derdeparty-inhoudsdata, in enige vorm; (iii) publiseer, vertoon, openbaar, verkoop, verhuur, huur, berg, leen, versprei, openbaar vertoon of uitvoer, medevoorsien van handelsmerk, raam of laat derdepartye toe om met die Garmin Mobile-tegnologie of enige deel daarvan te koppel, insluitend die derdeparty-inhoudsdata; (iv) wys toe, sublisensieer, transporteer, dra oor, verpand as sekuriteit, of beswaar andersins die regte en lisensies wat hieronder verleen is; (v) gebruik die Garmin Mobile-tegnologie op enige wyse wat inbreuk maak op enige patent, kopiereg, handelsmerk, handelsgeheim of enige intellektuele eiendom of eiendomsreg van Garmin, die derdepartyverskaffers daarvan of enige ander derde party; (vi) die Garmin Mobile-tegnologie direk of indirek gebruik, uitsaai of versprei wat betref 'n televisie, radio, web, telefoon of telematiese toepassing sonder die spesifieke geskrewe toestemming van Garmin; (vii) verskaf enige deel van die Garmin Mobile-tegnologie aan 'n regeringsagentskap; of (viii) gaan enige ooreenkoms aan met 'n derdeparty wat op enige wyse die vermo van Garmin om aan sodanige derde party die Garmin Mobile-tegnologie of enige ander produk of diens wat van tyd tot tyd deur Garmin beskikbaar gestel word, te beperk, te voorkom of te verhinder.

Kostes/Gelde: Met die oog op u toegang tot die Garmin Mobile-tegnologie en die lisensie wat hieronder verleen word, is u verantwoordelik vir betaling van enige en alle toepaslike Garmin Mobile-tegnologie-intekengelde wat van toepassing mag wees op u bepaalde Garmin Mobile-tegnologie, soos bepaal deur Garmin en wat van tyd tot tyd onderworpe is aan verandering. Garmin mag hierdie Ooreenkoms en u lisensie onmiddellik beindig indien u in gebreke bly om enige vereiste Garmin Mobile Technology-intekengelde te betaal. Hierbenewens is u verantwoordelik vir enige toepaslike kostes en gelde wat verband hou met enige dataplangelde of ander intekenkostes of gelde van welke soort ook al wat deur u draagbaretelefoondraer vereis word ten einde toegang tot die Garmin Mobile-tegnologie te verkry.

Eienaarskap van Tegnologie: U erken en stem in tot die volgende: Garmin besit alle reg, titel en belang in of, indien van toepassing, lisensies tot die Garmin Mobile-tegnologie, insluitend maar nie beperk nie tot alle handelsmerke, data en inhoud, buiten in die mate dat enige sodanige derdeparty-inhouddata deur die onderskeie derdeparty-dataverskaffers besit word. Enige verwysing na produkte, dienste, prosesse, hiperteksskakels na derde partye, of ander data volgens handelsnaam, handelsmerk, vervaardiger, verskaffer of andersins, vorm of impliseer nie noodwendig die endossement, borgskap of aanbeveling deur Garmin of die lisensieerders daarvan nie. Produk- en diensinligting is die alleenverantwoordelikheid van elke individuele verkoper.

Termyn: Hierdie Ooreenkoms is van krag tot sodanige tyd wanneer (i) indien van toepassing op u spesifieke Garmin Mobile-tegnologie, u intekentermyn f beindig word (deur u of deur Garmin), f verval, of (ii) die Ooreenkoms word andersins beindig ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes van hierdie Ooreenkoms (Termyn). As u Garmin Mobile-tegnologiegasheerproduk vergesel word van 'n leeftyd-intekening, beteken die term leeftyd die nuttige leeftyd van u spesifieke Gasheerproduk. Garmin mag hierdie Ooreenkoms vanwe enige rede, insluitend, maar nie beperkend nie, beindig, as Garmin bevind dat u enige van die bepalings van hierdie Ooreenkoms oortree het. Hierbenewens sal hierdie Ooreenkoms onmiddellik beindig word by beindiging van die ooreenkoms tussen Garmin en enige derde party waarvandaan Garmin derdeparty-inhoudsdata vir gebruik as deel van of in die Garmin Mobile-tegnologie lisensieer. In so 'n geval waar Garmin se ooreenkoms met 'n derdeparty-dataverskaffer beindig word en u dus nie langer toegang het tot alle of 'n gedeelte van die Garmin Mobile-tegnologie nie, is u enigste vergoeding in sodanige geval 'n terugbetaling van enige ongebruikte gedeelte van enige intekengeld wat op u spesifieke intekentermyn van toepassing is. Geen sodanige terugbetalings sal van toepassing wees op leeftyd-intekeninge op toepaslike Garmin Mobile-tegnologiegasheerprodukte nie. Alle bepalings wat verband hou met vertroulikheid, vrywaring, eiendomsregte en nie-openbaarmaking sal uitgesluit wees van die beindiging van hierdie Ooreenkoms. Alle ander regte en verpligtinge van die partye sal ophou met beindiging insluitend, maar nie beperk nie tot alle lisensies wat hieronder verleen is.

Vertroulikheid: Te alle tye tydens die Termyn en daarna, moet u enige Vertroulike Inligting van Garmin of enige van die derdeparty-verskaffers daarvan, vertroulik hanteer en mag dit geensins, direk of indirek, openbaarmaak nie en dit nie tot u of enige ander individu of entiteit se voordeel gebruik nie. Vertroulike Inligting beteken enige handelsgeheime of vertroulike of eiendomsinligting, hetsy geskrewe, digitaal, mondeling of ander vorm wat uniek, vertroulik of eiendomlik is aan Garmin of die derdeparty-dataverskaffers daarvan, insluitend maar nie beperk nie, tot die Garmin Mobile-tegnologie en enige ander materiaal of inligting wat verband hou met die sake of aktiwiteite van Garmin wat nie algemeen bekend is aan ander wat by soortgelyke sakebedrywighede of -aktiwiteite betrokke is nie. U sal enige van Garmin se Vertroulike Inligting op versoek en/of met beindiging van hierdie Ooreenkoms aan Garmin terugbesorg. 

Beperkte regte: Indien die Garmin Mobile-tegnologie vereis word deur of vir die V.S.A.- regering, die agentskappe of diensorganisasies van die Regering, word dit van Beperkte Regte voorsien. Gebruik, duplisering of openbaarmaking deur die V.S.A.- regering is onderworpe aan beperkings soos uiteengesit in subparagraaf (c)(1)(ii) van The Rights in Technical Data and Computer Software-klousule onder DFARS 252.227-7018, of subparagraaf (c)(1) en (2) van die Commercial Computer Software - Restricted Rights onder 48 CFR 52.227-19, of klousule 18-52.227-86(d) van die NASA Supplement to the FAR, soos van toepassing. Die kontrakteur/vervaardiger is Garmin International, Inc., 1200 East 151st Street, Olathe, KS 66062, USA. U stem daartoe in om nie die Garmin Mobile-tegnologie of die Gasheerproduk daarvan na enige land uit te voer of weer uit te voer na enige land ter oortreding van die uitvoerbeheerwette van die Verenigde State van Amerika nie.

Vrywaring: U stem daartoe in om Garmin en die lisensieerders en verskaffers daarvan (insluitend maar nie beperk nie, tot hul onderskeie gevolmagtigdes, filiale, geaffilieerde maatskappye en hul onderskeie amptenare, direkteure, werknemers en aandeelhouers, agente en verteenwoordigers) te vrywaar van, en te beskerm en te bewaar teen enige aanspreeklikheid, verlies, besering, vereiste, aksie, koste, uitgawe of eis van enige soort of aard, maar nie beperk nie tot prokureursgelde voortspruitend uit of in verband met u gebruik van of intekening op die Garmin Mobile-tegnologie.

BEPERKTE WAARBORG: DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE WORD AAN U VERSKAF OP N SOOS DIT IS- EN SOOS BESKIKBAAR-GRONDSLAG. GARMIN EN DIE VERSKAFFERS DAARVAN, INSLUITEND DERDEPARTY-DATAVERSKAFFERS, VRYWAAR HULSELF SPESIFIEK VAN ENIGE EN ALLE WAARBORGE, HETSY UITDRUKLIK, GEMPLISEERD, STATUTR OF KOMEND UIT HANDELSGEBRUIK OF VERLOOP VAN OPTREDE, INSLUITEND MAAR NIE BEPERK NIE, TOT ENIGE GEMPLISEERDE WAARBORGE OF VERHANDELBAARHEID OF GESKIKTHEID VIR N BEPAALDE DOEL EN ANDER UITDRUKLIKE OF GEMPLISEERDE WAARBORGE VAN AKKURAATHEID, VOLLEDIGHEID, RELETYD-INLIGTING, TITEL, NIE-OORTREDING OF ENIGE ANDER SOORT WAARBORGE WAT VERBAND HOU MET DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE OF DIE WERKVERRIGTING DAARVAN HIERONDER.

BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID: U AANVAAR ALLE VERANTWOORDELIKHEID EN RISIKO VIR DIE GEBRUIK VAN DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE EN GARMIN VRYWAAR SIGSELF VAN ALLE AANSPREEKLIKHEID VIR ENIGE VERLIES, BESERING OF SKADE AS GEVOLG VAN DIE GEBRUIK VAN DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE. DIT IS U VERANTWOORDELIKHEID OM DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE OMSIGTIG TE GEBRUIK EN OM STRATE, PAAIE, PADTEKENS, RIGTINGS, WEERSTOESTANDE EN VERKEERSTOESTANDE VISUEEL TE VERIFIEER. ONDER GEEN OMSTANDIGHEID SAL GARMIN OF DIE VERSKAFFERS DAARVAN, INSLUITEND DERDEPARTY-DATAVERSKAFFERS, AANSPREEKLIK WEES TEENOOR U OF ENIGE DERDE PARTY BETREFFENDE ENIGE VERPLIGTE, INDIREKTE, BYKOMSTIGE, SPESIALE OF GEVOLGLIKE SKADE (INSLUITEND, SONDER BEPERKING, INDIREKTE, DIREKTE, SPESIALE, STRAFBARE OF BESTRAFFENDE SKADE VIR DIE VERLIES AAN SAKE, VERLIES AAN WINS, ONDERBREKING VAN SAKEBEDRYWIGHEDE OF VERLIES AAN SAKE-INLIGTING) VOORTSPRUITEND UIT DIE GEBRUIK VAN OF ONVERMO OM DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE TE GEBRUIK, SELFS INDIEN GARMIN GEWAARSKU IS OOR DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADE. ONDERWORPE AAN VOORGAANDE, SAL GARMIN EN DIE VERSKAFFERS DAARVAN SE ALGEHELE TOTALE AANSPREEKLIKHEID TEN OPSIGTE VAN DIE VERPLIGTING DAARVAN ONDER HIERDIE OOREENKOMS OF ANDERSINS TEN OPSIGTE VAN DIE GARMIN MOBILE-TEGNOLOGIE NIE $1.00 OORSKRY NIE. SOMMIGE STATE EN LANDE LAAT NIE DIE UITSLUITING VAN BYKOMSTIGE OF GEVOLGLIKE SKADE TOE NIE, DAAROM IS BOGAANDE BEPERKINGS DALK NIE OP U VAN TOEPASSING NIE.

Allerlei: Hierdie Ooreenkoms bevat die volledige verstandhouding en ooreenkoms van die partye (buiten enige afsonderlike lisensie-ooreenkomste met die eindgebruiker, buiten enige afsonderlike lisensie-ooreenkomste met eindgebruikers vereis deur Garmin se derdeparty-verskaffers, wat in samehang met hierdie Ooreenkoms gelees sal word), en vervang alle vorige en gelyktydige verstandhoudings en ooreenkomste, hetsy geskrewe of mondeling, met betrekking tot die onderhawige sake. Geen vertraging of onvermo deur Garmin om te eniger tyd enige reg of bepaling hiervan uit te oefen of af te dwing, sal as kwytskelding daarvan oorweeg word nie. Geen enkele kwytskelding sal 'n voortdurende of gevolglike kwytskelding daarstel nie. Geen kwytskelding, modifikasie of amendement van enige bepaling hiervan sal teen Garmin ingestel word nie, tensy dit 'n getekende dokument deur Garmin is. U mag nie u regte of verpligtinge hieronder (insluitend as 'n verandering van beheer) toewys sonder die vooraf geskrewe goedkeuring deur Garmin nie. Onderworpe aan die voorafgaande, sal hierdie Ooreenkoms bindend wees en in werking tree tot die voordeel van die opvolgers en toegelate gevolmagtigdes van die partye. Hierdie Ooreenkoms sal in alle opsigte beheer en gerel word deur die wette van die Staat van Kansas, sonder inagneming van beginsels van teenstrydige wette en sonder toepassing van die Uniform Computer Information Transaction Act. Die partye stem daartoe in dat die uitsluitlike regbevoegdheid en plek van enige dispuut tussen die partye in die staat of federale howe gevoer sal word binne die Staat van Kansas en elk van die partye doen afstand van enige reg tot verhoor deur 'n jurie. Indien enige bepaling van hierdie Ooreenkoms of die toepassing daarvan op enige party of omstandigheid in enige opsig as ongeldig, onwettig of onafdwingbaar blyk, sal daardie bepaling in die mate wat dit deur die reg (nie anders nie) toegelaat word, uit hierdie Ooreenkoms verwyder word en sal nie die res daarvan benvloed nie, en die partye stem daartoe in om sodanige bepaling te vervang met 'n geldige bepaling wat ten nouste ooreenstem met die bedoeling en ekonomiese uitwerking van sodanige verwyderde bepaling. Die partye betrokke by hierdie Ooreenkoms is onafhanklike kontrakteurs. Garmin sal nie aanspreeklik wees teenoor u indien dit faal om enige van die verpligtinge daarvan na te kom onder hierdie Ooreenkoms tydens enige tydperk waarin sodanige uitvoering vertraag word vanwe omstandighede buite die redelike beheer daarvan nie. Alle kennisgewings hieronder moet geskrewe wees en aan elke party se adres gestuur word per gesertifiseerde pos met terugstuurbewys wat vereis word of met vooraf betaalde koerierdiens, of per faks bevestig per telefoon.

====================================================

Lisensie-ooreenkoms met NAVTEQ-eindgebruiker


Die sagteware wat in u Garmin-produk (die Sagteware) ingebed is, word deur Garmin Ltd. of sy filiale (Garmin) besit. Die derdeparty-kaartdata wat ingebed is by of by u Garmin-produk ingesluit is (die Data), word besit deur NAVTEQ North America LLC en is aan Garmin gelisensieer. Beide die Sagteware en die Data word deur kopieregwette en internasionale kopiereg-ooreenkomste beskerm. Die Sagteware en Data word gelisensieer, nie verkoop nie. Die Sagteware en Data word onder die volgende lisensie verskaf en is onderhewig aan die volgende bepalings en voorwaardes  (u) aan die een kant, en Garmin en sy lisensiehouers (ingesluit hulle lisensiehouers en verskaffers) en geaffilieerde maatskappye aan die ander kant.
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE LISENSIE NOUKEURIG VOOR DIE PRODUK GEBRUIK WORD. INSTALLERING, KOPIERING, OF ANDERSINS GEBRUIK VAN HIERDIE PRODUK DUI U ERKENNING AAN DAT U HIERDIE OOREENKOMS GELEES HET EN INSTEM TOT DIE BEPALINGS. AS U NIE INSTEM HIERTOE NIE MOET U DIE VOLLEDIGE PRODUK BINNE 10 DAE VANAF DIE DATUM DAT U DIT VERKRY HET (INDIEN NUUT AANGEKOOP) MET DIE OOG OP 'N VOLLE TERUGBETALING AAN EEN VAN DIE VOLGENDE STUUR: (1) DIE HANDELAAR BY WIE U DIE PRODUK GEKOOP HET, (2) Garmin INTERNATIONAL, INC. CUSTOMER SERVICE, 1200 EAST 151st STREET, OLATHE, KS 66062, USA; (3) Garmin (EUROPE) LTD., LIBERTY HOUSE, HOUNSDOWN BUSINESS PARK, SOUTHAMPTON, SO40 9RB, UNITED KINGDOM; OF (4) Garmin CORPORATION CUSTOMER SERVICE, No. 68, JANGSHU 2nd ROAD, SHIJR, TAIPEI COUNTY, TAIWAN.
Lisensiebepalings en -voorwaardes

Garmin (ons) voorsien u van bergmedia wat die rekenaar-sagteware (die Sagteware) bevat en die ingebedde en bygaande digitale kaartdata, ingeslote enige aanlyn- of elektroniese dokumentasie en gedrukte materiaal (saam genoem die Produk vir doeleindes van hierdie Lisensie-ooreenkoms), en verleen aan u n beperkte, nie-ekslusiewe lisensie om die Produk in ooreenstemming met die bepalings van hierdie Ooreenkoms te gebruik. U stem daartoe in om hierdie Data tesame met die Garmin-produk slegs vir persoonlike, of indien van toepassing, in u besigheid se interne operasies te gebruik en nie vir diensburo, tyddeling, herverkoop of enige sootgelyke doeleindes nie. 

Dienooreenkomstig, maar onderworpe aan die beperkings soos uiteengesit in die volgende paragrawe, mag u hierdie Data slegs kopieer soos nodig vir u gebruik om (i) daarna te kyk en (ii) te berg, op voorwaarde dat u geen kopiereg-kennisgewings wat voorkom, verwyder nie en nie die Sagteware of Data op enige manier wysig nie. U stem daartoe in om andersins geen deel van die Produk te reproduseer, te kopieer, te dekompileer, uitmekaar te haal, terugingenieuring te doen of afgeleide werk te skep nie en mag dit nie oordra of versprei in enige vorm vir enige doeleindes nie, behalwe in die mate wat dit deur verpligte wette toegelaat word

Beperkings. Buiten waar u spesifiek deur Garmin gelisensieer is om dit te doen en sonder om die voorafgaande paragraaf te beperk, mag u hierdie Data nie saam met enige produkte, stelsels of toepassings wat genstalleer of andersins gekoppel is aan of in kommunikasie is met voertuie wat gebruik word en in staat is tot afstuur, vlootbestuur of soortgelyke toepassings, waar die Data deur n sentrale beheersentrum gebruik word om n vloot voertuie af te stuur nie. Bykomend word u verbied om die Data of die Garmin-produkte wat die Data bevat, aan enige persoon of derde party te verhuur of te bruikhuur. Slegs daardie motorverhuringsmaatskappye wat spesifiek deur Garmin op skrif gemagtig is om Garmin-produkte wat die Data bevat, te verhuur aan hulle verhuringsklante, word toegelaat om sodanige produkte te verhuur.

Geen Waarborg. Hierdie Produk (ingesluit die Data) word aan u verskaf op n soos dit is-grondslag en u stem daartoe in om dit op u eie risiko te gebruik. Garmin en sy lisensiehouers (en hulle lisensiehouers en verskaffers) maak geen waarborge, aanbiedings of waarborge van enige aard, uitdruklik of gempliseerd, volgens die wet of andersins, insluitend maar nie beperk nie tot, inhoud, gehalte, akkuraatheid, volledigheid, effektiwiteit, betroubaarheid, verhandelbaarheid, geskiktheid vir n spesifieke doel, bruikbaarheid, gebruik of resultate verkry vanaf die Produk, of dat die Data of bediener nie onderbreek of foutvry sal wees nie.
Vrywaring van Waarborg. Garmin EN SY LISENSIEHOUERS (INSLUITEND HUL LISENSIEHOUERS EN VERSKAFFERS) VRYWAAR HULSELF VAN ENIGE WAARBORGE, UITDRUKLIK OF GEMPLISEERD, VAN GEHALTE, WERKVERRIGTING, VERKOOPSVERNUF, GESKIKTHEID VIR N BEPAALDE DOEL OF NIE-OORTREDING. GEEN MONDELINGE OF GESKREWE RAAD OF INLIGTING WAT DEUR Garmin OF SY VERSKAFFERS EN LISENSIEHOUERS VERSKAF IS, SAL N WAARBORG SKEP NIE, EN U IS NIE GEREGTIG OM OP ENIGE SODANIGE RAAD OF INLIGTING STAAT TE MAAK NIE. HIERDIE WAARBORGVRYWARING IS N NOODSAAKLIKE VOORWAARDE VAN HIERDIE OOREENKOMS. Sommige State, Gebiede en Lande laat nie sekere waarborg-uitsluitings toe nie, in so n mate dat bogenoemde uitsluiting nie op u van toepassing hoef te wees nie.

Vrywaring teen Aanspreeklikheid Garmin EN SY LISENSIEERDERS (INSLUITEND HUL LISENSIEERDERS EN VERSKAFFERS) SAL NIE AANSPREEKLIK WEES TEENOOR U TEN OPSIGTE VAN ENIGE EIS, EIS OF OPTREDE, ONGEAG DIE AARD VAN DIE OORSAAK VAN DIE EIS, EIS OF OPTREDE MET BEWERING VAN ENIGE VERLIES, BESERING OF SKADE, DIREK OF INDIREK, WAT VOLG OP DIE GEBRUIK OF BESIT VAN DIE INLIGTING, OF VIR ENIGE VERLIES AAN WINS, INKOMSTE, KONTRAKTE OF SPAARGELD, OF ENIGE ANDER DIREKTE, INDIREKTE, TOEVALLIGE, SPESIALE OF GEVOLGLIKE SKADE VOORTSPRUITEND UIT U GEBRUIK VAN OF ONVERMO OM HIERDIE INLIGTING TE GEBRUIK, ENIGE DEFEK IN DIE DATA OF INLIGTING, OF THE VERBREKING VAN HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES, HETSY IN N AKSIE IN KONTRAK OF ONREG OF GEBASEER OP N WAARBORG, SELFS INDIEN Garmin of SY LISENSIEERDERD GEADVISEER IS VAN DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADE. Garmin EN SY LISENSIEERDERS SE TOTALE GEMIDDELDE AANSPREEKLIKHEID TEN OPSIGTE VAN HULLE VERPLIGTINGE BINNE HIERDIE OOREENKOMS OF ANDERSINS TEN OPSIGTE VAN DIE Garmin-PRODUK OF DIE -DATA SAL NIE $1.00 OORSKRY NIE. Sommige State, Gebiede en Lande laat nie sekere aanspreeklikheid-uitsluitings of skadebeperkings toe nie, in so n mate dat bogenoemde uitsluiting nie op u van toepassing hoef te wees nie.

Vrywaring van Endossement. Verwysing na enige produkte, dienste, prosesse, hiperteksskakels na derde partye of ander Data volgens handelsnaam, handelsmerk, vervaardiger, verskaffer of andersins, vorm of impliseer nie noodwendig die endossement, borgskap of aanbeveling daarvan deur Garmin of sy lisensiehouers nie. Produk- en diensinligting is die volle verantwoordelikheid van elke individuele verkoper. Die NAVTEQ-naam en -logo, die NAVTEQ- en NAVTEQ ON BOARD-handelsmerk en -logo, en ander handelsmerke en handelsname wat besit word deur  NAVTEQ North-America LLC mag nie gebruik word op enige kommersile wyse sonder geskrewe toestemming deur NAVTEQ nie.

Uitvoerbeheer. U stem daartoe in om van nrens af enige deel van die Data wat aan u verskaf is, of enige direkte produk daarvan buiten ter voldoening aan en met alle lisensies en goedkeurings wat vereis word deur toepaslike uitvoerwette, -rels en -regulasies, uit te voer nie. 

Skadeloosstelling. U stem daartoe in om Garmin en die lisensiehouers daarvan (insluitend hul onderskeie lisensiehouers, verskaffers, gevolmagtigdes, filiale, geaffilieerde maatskappye en die onderskeie amptenare, direkteure, werknemers, aandeelhouers, agente en verteenwoordigers van elk van hulle) te vrywaar van en te beskerm en te bewaar teen enige aanspreeklikheid, verlies, besering (insluitend beserings wat die dood tot gevolg het), vereiste, aksie, koste, uitgawe of eis van enige soort of aard, insluitend maar nie beperkend nie tot prokureursgelde voortspruitend uit of in verband met enige gebruik of besit deur u van die Produk (insluitend die Data).

Volledige Ooreenkoms. Hierdie bepalings en voorwaardes vorm die volledige ooreenkoms tussen Garmin (en die lisensiehouers daarvan, insluitend hul lisensiehours en verskaffers) en u wat betrokke is by die inhoud daarvan, en vervang in die geheel enige en alle geskrewe en mondelinge ooreenkomste wat voorheen bestaan het tussen ons wat sodanige inhoud betref.

Beherende Wetgewing. 

(a) Betreffende Europese Unie NAVTEQ-data
Bostaande bepalings en voorwaardes sal beheer word deur die wette van Nederland, sonder om uitvoering te gee aan (i) die voorsiening vir konflik van wetgewing daarvan, of (ii) die Verenigde Nasies se Konvensie vir Kontrakte rakende die Internasionale Verkoop van Goedere, wat uitdruklik hiervan uitgesluit word. U stem daartoe in om u neer te l by die regspraak van Nederland betreffende enige en alle dispute, eise en aksies voortspruitend uit of in verband met die Data wat hieronder aan u verskaf is.

(b) Betreffende Noord-Amerikaanse NAVTEQ-data en ander nie-Europese Unie NAVTEQ-data
Bostaande bepalings en voorwaardes sal beheer word deur die wette van Illinois, sonder om uitvoering te gee aan (i) die voorsiening vir konflik van wetgewing daarvan, of (ii) die Verenigde Nasies se Konvensie vir Kontrakte rakende die Internasionale Verkoop van Goedere, wat uitdruklik hiervan uitgesluit word. U stem daartoe in om u neer te l by die regspraak van Illinois betreffende enige en alle dispute, eise en aksies voortspruitend uit of in verband met die Data wat hieronder aan u verskaf is. 

Regeringseindgebruikers. Indien Eindgebruiker n agentskap, departement of ander entiteit van die Regering van die Verenigde State is, of in die geheel of gedeeltelik deur die V.S.A. befonds word. Indien die Regering, is die gebruik, duplisering, reprodusering, vrystelling, modifikasie, openbaarmaking of oordrag van die Produk en bygaande dokumentasie onderworpe aan beperkings soos uiteengesit in DFARS 252.227-7014(a)(1) (JUN 1995) (DOD definisie rakende kommersile rekenaarsagteware), DFARS 27.7202-1 (DOD beleid rakende kommersile rekenaarsagteware), FAR 52.227-19 (JUN 1987) (klousule vir staatsagentskappe rakende kommersile rekenaarsagteware), DFARS 252.227-7015 (NOV 1995) (DOD tegniese data  klousule rakende kommersile items); FAR 52.227-14 Plaasvervangers I, II en III (JUN 1987) (klousule rakende tegniese data vir staatsagentskappe en nie-kommersile rekenaarsagteware); en/of FAR 12.211 en FAR 12.212 (verkryging van kommersile item), soos van toepassing. In die geval van konflik tussen enige van die FAR- en DFARS-voorsienings hierin gelys en hierdie Lisensie, sal die konstruksie wat groter beperkings op die Regering se regte l, in beheer wees. Die kontrakteur/vervaardiger is Garmin International, Inc., 1200 East 151st Street, Olathe, KS 66062, USA en NAVTEQ North America LLC, 425 West Randolph Street, Chicago, Illinois 60606, USA.